Log In

Sponsored Links

Loading Events

« All Events

  • This event has passed.

ONS JOKE NET! – Komedie Makietie

10 Aug, 2012 @ 7:30 PM - 10:00 PM

Ons Joke Net

Ons Joke Net

Kom oefen jou lagspiere op 10 Augustus 2012 om 19:30 by die Durbanville Ouditorium met BekRek se nuutste Afrikaanse Komedie Produksie – Ons Joke Net!

Ons Joke Net! is ‘n mengelmoes van humoristiese sang en vars skerp-skerts komedie wat die talente van Vaatjie, van KykNET se Molly en Wors faam, musikant Rooies en komediante Wayne McKay en Brent Niemandt saamgooi in ‘n ware Komedie Makietie wat gehore gaan laat skater!  Hul humor en gekskeerdery in hierdie trots Suid-Afrikaanse komedie-bredie beloof om die lag-krane oop te draai.

Vaatjie het ‘n huishoudelike naam geword sedert rolprente soos Poena is Koning, Vaatjie sien sy gat en Stoute boudjies. Hy het ook onlangs ‘n nuwe CD, Sersant, vol lekker humoristiese snitte uitgereik.

Die groot man met die groot stem, Rooies, is geen vreemdeling in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf nie.  Met sy kenmerkende kwinkslae, vermaaklike liedjies en radio program op Bokradio, is hy een van die Kaap se top kunstenaars!

Met Wayne McKay se unieke en uitstaande komedie-styl, kan jy verseker wees van ‘n vermaak-rondomtalie wat die maagspiere lekker sal kielie, veral met sy komiese uitkyk op die lewe in die nuwe Suid-Afrika.

Brent Niemandt, onlangs genomineer as Komediant van die Jaar by die IKUSASA Toekennings – ‘n inisiatief wat ‘n platform daarstel vir opkomende Suid-Afrikaanse talent – is ‘n vars oorspronklike grapjas wat kreatief en krities kla, ekskuus, gesels oor die getroude lewe!  Brent steek die draak met sy eie huwelik, ontleed die pyn, die leiding… en dis maar nét die skoonma!

BekRek is ‘n komedie promosie maatskappy wat hom daarop toespits om komedie in die Afrikaanse taal te bevorder.

As jy gespanne, gestres of net futloos is, is BekRek se Komedie Makietie die beste medisyne wat jou sal laat ontspan, ontlaai en van al jou sorge sal laat vergeet.

Kaartjies kan bespreek word teen R100 per persoon by Nico op 084 273 7881 of info@bekrek.co.za

Vir meer inligting, besoek ons webwerf by www.bekrek.co.za of volg ons op Twitter of Facebook

Share

Details

Date:
10 Aug, 2012
Time:
7:30 PM - 10:00 PM
Event Categories:
, , , , , , ,

Venue

Durbanville Auditorium
Durbanville
Durbanville, Western Cape South Africa
+ Google Map